Athletics

Atletiek

Atletiek is een van ons groot somersporte en baie tyd en goeie afrigting gaan elke seisoen daarmee gepaard.

Ons begin die jaar met ons kleuresportbyeenkoms, waar die skool opgedeel word in die Kwikkies, Vinke, Kiewiete en Mossies. Dit is groot pret en na ‘n lang dag van “sing songs” en parades word die atlete teen mekaar getoets. Die volgende byeenkomste is kwalifiserend vir die Sarah Baartman Distriks-byeenkoms waar die Provinsiale spannne,  wat na die Suid Afrikaanse Nasionale atletiekbyeenkoms gaan, aangekondig word.

Ons lewer elke jaar sterre op wat uitstekend by die Sarah Baartman byeenkoms vaar en gewoonlik is daar ook ‘n paar atlete wat SA’s toe gaan.

Ons het puik afrigters, selfs nasionale atlete, wat ons kom help met fynere tegnieke en oefeninge.  Selfs vir atlete wat verder wil vorder is daar privaat afrigters wat baie goeie werk onder ons atlete doen.

“Altissima Pete” –  Strewe na die allerhoogste is waaroor ons atletiek gaan.