Chess

Skaak

The chess club is one of the fastest growing extramural activities in Jeffreys Bay Primary.

Chess has a huge impact on the development of the brain, in stimulating the neuron pathways, and helping in improving concentration and self-discipline.

2022 was ‘n wonderlike jaar wat skaak aanbetref.  Ons neem op ‘n hoë vlak deel en kompeteer teen skole van Port Elizabeth.  Ons het weereens bewys dat dit nie saak maak hoe groot ‘n skool is nie, omdat jy nog steeds bo kan eindig deur selfdissipline, fokus en oefening.

Ons wil elke kind uitdaag om met skaak te begin, want hierdie sportsoort sal van hulle groter presteerders op elke sport- en akademiese vlak maak.

Uit al die skole spog Laerskool Jeffreysbaai met die meeste OP-skaakspelers (nl. 20) in die span.  Ons tree ook uit as algehele wenners van die Junior- en Senior-Liga-afdelings vir die Sarah Baartman Distrik.  Dit wil gedoen wees!

By die Major Cup-toernooi is Pedro Stuurman as die topspeler vir o/12 aangewys en Edeline de Lange was die topspeler van die o/10’s.

Dankie aan al die skaakspelers – julle het die skool se naam hoog gehou.

Skaak koördineerder:  Mnr. D. Potgieter divan@jeffreysbayprimary.co.za