Culture

Kultuur

Kultuur:

By Laerskool Jeffreysbaai word baie aandag geskenk aan die Kulturele opvoeding van ons leerders.  Ten spyte van ‘n baie druk program word daar genoeg tyd ingeruim vir al ons aktiwiteite.  Ons kry ook gereeld ander skole wat ons besoek om by ons skool op te tree en sodoende vir ons leerders op hoogte te hou met ander skole se standaarde.

Redenaars:

Afrikaans kook in die vorm van Redenaars vanaf gr 1-7 wat by Laerskool Jeffreysbaai aangebied word. Graad 6-7 leerlinge vir Afrikaans Addisionele Taal word ook afgerig.
Ons neem elke jaar deel aan die ATKV Redenaarskompetisie. Ons is trots op ons leerlinge wat uitmuntend presteer. Ons leerlinge gaan gereeld deur na die semi-finale rondte.Drie van ons leerlinge het ook al deurgedring na die Finaal!

Seniorkoor:

Die seniorkoor het ‘n baie besige jaar gehad.  Daar is vroeg afgeskop met ‘n optrede vir die Silwerskulpieklub.  Die seniorburgers het die kinders se vriendelike gesiggies en soet stemmetjies baie geniet.  Hulle volgende optrede was by die Brandwag Koorfees, waar hulle ook die geleentheid gehad het om ander skoolkore te ontmoet.

Die hoogtepunt van die musikale jaar was sekerlik die koor se deelname aan die koorkonsert met die George Mannekoor.  Dit was ‘n wonderlike voorreg om verskeie volwasse kore en musikante in aksie te sien en te hoor en deel te vorm van die massakoor.  Ons sien uit daarna om ‘n bydrae te lewer tot die NG-kerk se Erediens op Sondag, 3 November.  Die musiekjaar word afgesluit met ‘n heerlike Musiek– en Kersaand.  Alle lof aan Maria van Rensburg, ons begeleidster, vir haar pragtige spel.  Geluk aan Michell Strydom wat in die Oos-Kaap Kinderkoor opgeneem is.

Juniorkoor:

Die Juniorkoor bestaan uit ongeveer 35 lede van Graad 1 tot Graad 3.  Leerders oefen weekliks en word afgerig deur Me L Strydom en begelei deur me Maria van Rensburg.  Ons opregte dank aan Me van Rensburg vir haar puik diens.

Musiek:

Musiekonderrig word by die skool aangebied deur Mevv. Maria van Rensburg en Wilma Koekemoer.  Lesse word in klavier, blokfluit en teorie gegee.  Leerlinge wat kwalifiseer word ook ingeskryf vir die ALMSA EN UNISA Eksamens.

Jaarlikse Revue:

Die skool bied elke jaar ‘n revue aan.  Dit is gewoonlik ‘n hoogtepunt op die jaarlikse kalender en ons sien baie daarna uit.

Chess:

This chess team worked very hard this year.  They were enthusiastic and dedicated to improving themselves with every match. Ms Beryl is doing a sterling job! Two of our boys have already made the EP Chess team this year! You made us proud!