Die Grondslagfase maak voorsiening vir ‘n sterk, gesonde grondslag vir leerlinge van Graad R tot 3. Die personeel streef daarna om die volle potensiaal van elke leerling te ontwikkel. Ontwikkeling vind plaas op akademiese- , kulturele- en fisiese vlak.
Personeel:
Onderwys en u kinders is ons passie en ons onderwysers is ervare. Daar word gepoog om op hoogte te bly van verwikkelinge in die onderwys. Personeel woon gereeld kursusse by.
Vakke in die Grondslagfase:
Volgens die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) het die Grondslagfase vier vakke.
Die vakke is:
- Huistaal: Afrikaans of Engels
- Eerste Addisionele Taal: Engels of Afrikaans
- Wiskunde
- Lewensvaardigheid
Ons het toegewyde assistente wat nou saam met onderwysers werk om persoonlike instruktion te verskaf, te help met klaskamerbestuur, en studente te ondersteun in hul akademiese en emosionele groei.
Assessering:
Assessering geskied soos uiteengesit in die KABV-dokument.
Alle assessering word gedoen deur gebruik te maak van die 7-puntskaal:
| Kode | Bevoegdheid | Persentasie % |
|---|---|---|
| 7 | Uitnemende prestasie | 80-100% |
| 6 | Meriete prestasie | 70-79% |
| 5 | Substansiële prestasie | 60-69% |
| 4 | Bevredigende prestasie | 50-59% |
| 3 | Gemiddelde prestasie | 40-49% |
| 2 | Elementêre prestasie | 30-39% |
| 1 | Nie bereik nie | 0-29% |
Die slaagvereistes vir Graad 1 tot 3 (Graad R uitgesluit) :
Huistaal: Bevredigende prestasie: Vlak 4
EAT: Gemiddelde prestasie: Vlak 3
Wiskunde: Gemiddelde prestasie: Vlak 3
