Intermediêre Fase

Laerskool Jeffreysbaai bied die allerbeste onderrig in die Intermediêre Fase aan.

Jeffreys Bay Primary se primêre fokus was nog altyd op die ontwikkeling en verbetering van die skool se akademiese prestasie, en daarom doen ons alles moontlik om te verseker dat elke kind se behoeftes bevredig word. Ons fokus op die ontwikkeling van die kind in alle aspekte van hulle groei en leer, en berei hulle uiteindelik voor vir die toekoms as gebalanseerde individue.

Die Intermediêre fase bestaan uit ‘n span hoogs gekwalifiseerde onderwysers, aangestel vir hulle spesifieke vaardighede in verskeie velde om te verseker dat alle kinders se behoeftes aangespreek word.

Die skool kan spog met ‘n wye keuse van onderwysers en assistent-onderwysers wat opgelei is in alle akademiese vakke van die intermediêre fase, met spesialisasie in spesifieke areas, insluitend 4 jaar van kindergeneeskunde, sport en kreatiewe kunste.

Ons personeel sluit spesiaal opgeleide remediërende onderwysers in, wat ingespan word om die kinders wat die hoofstroom moeilik vind, te ondersteun.

‘n Ander aspek van ons intermediêre fase is die gekwalifiseerde assistent-onderwysers. Hierdie waardevolle personeel lede word jaarliks deur die Bestuursliggaam aangestel om bykomende ondersteuning aan die klasonderwysers te bied, om te verseker dat die behoeftes van die stadiger leerders aangespreek word.

Terwyl ons besef dat akademiese ontwikkeling die fondament is van wat ons by Laerskool Jeffreysbaai bied, verstaan ons ook die behoefte aan ‘n veilige en verwelkomende omgewing vir jou kind. Een wat voorsien in alle aspekte van ontwikkeling, met begrip dat ‘n integrale deel van onderrig, en fundamenteel tot groei, jou kind se emosionele, fisiese, geestelike en sielkundige welstand is.

Met ‘n ervare, hardwerkende, ondersteunende en vasberade personeel, gaan ons Intermediêre fase verder as om die uitdagings wat gedurende hierdie moeilike tyd voorkom, aan te spreek. Dit is ‘n helder baken van wat onderrig behoort en kan bereik.

Dit is in ons skoolleuse – ‘Altissima Pete’ – wat beteken “Streef Hoog” – gegraveer.