Ons Visie & Missie

’n DINAMIESE, CHRISTENSKOOL

Ons is ‘n dinamiese, Christelike skool waar professionele onderwysers hul leerders in ‘n aangename omgewing onderrig met die ondersteuning van ‘n betrokke ouerkorps, wat die leerders ‘n holistiese onderwys bied.

PARALLEL-MEDIUM SKOOL

Ons is ‘n parallel-medium skool waar onderrig in Engels en Afrikaans plaasvind. Die skool het homself toegewy aan die uitbreiding van die taal en kultuur waarin die leerders onderrig word. Onderwys is gebaseer op Christelike beginsels soos gesetel in die Bybel.

VEILIG EN GEDISSIPLINEERD

Die Laerskool Jeffreysbaai streef daarna om ‘n veilige, stimulerende en gedissiplineerde omgewing vir die leeraktiwiteite van al die leerlinge daar te stel.

GOEIE GESONDHEID EN FIKSHEID BY LEERLINGE

Ons stel ons leerlinge bekend en maak hulle vertroud met liggaamlike aktiwiteite wat goeie gesondheid en fiksheid bevorder, en om sosiale aanvoeling en opregte sportiwiteit aan te kweek. Dit is ons bede dat alle aktiwiteite van ons skool tot die eer en verheerliking van God, die Vader, uitgevoer sal word.